NewsNews

Polisie ondersoek vyftien huisbrake in minder as ‘n week

Vyftien huisbrake is in minder as ’n week by die Potchefstroom-polisie aangemeld.

Vyftien huisbrake is in minder as ’n week by die Potchefstroom-polisie aangemeld.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is al dié huisbrake tussen 10 en 13 Mei aangemeld.
Die meerderheid van die huisbrake het in Kannonierspark plaasgevind en daar is meestal elektroniese toestelle soos televisies, klanksisteme, skootrekenaars en selfone uit die huise gesteel.

By meeste van die gevalle is deure of vensters oopgebreek of diefwering oopgebuig om toegang tot die huise te verkry.

Die strate in Kannonierspark waarin die huisbrake plaasgevind het, sluit in:

• Wilgenstraat, waar daar twee huisbrake was

• Tuinstraat,

• Dwarsstraat,

• Voorstraat

• Spioenkopstraat.

Daar was ook inbrake by Vegkoppiestraat in Dassierand, Auretstraat in Potch-sentraal, Molenstraat op die Bult en in Vyfhoek. Behalwe vir die vyftien huisbrake was daar ook drie besigheidsinbrake wat op Donderdag en Vrydag plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button