NewsNews

Boer aangeval en dogter verkrag

‘n Boer van ‘n plaas tussen Fochville en Westonaria is gisteroggend deur rowers aangeval en sy dogter verkrag.

Volgens AO Peter Masooa was die 55-jarige man omstreeks 05:30 besig om sy 17-jarige dogter skool toe te neem toe die rowers hulle op ‘n plaas buite Fochville oorval en in die huis teruggedwing het.

Die boer  is met ‘n voorwerp oor die kop geslaan en sy dogter is verkrag.

“Dit is nie seker of die mans gewapen was nie,” sê Masooa.

Die rowers het in die boer se silwergrys Ford Ranger gevlug. Die voertuig is later by die Senzele plakkerkamp teruggevind.

Die boer en sy dogter is na die voorval deur mede-inwoners te hulp gesnel en hospitaal toe geneem.

Die saak word deur die polisie in die Wesrand se Trio-taakspan ondersoek.

Enige iemand met inligting kan die Westonaria polisiestasie by 011 2785321 of 10111 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button