Een van die vuurwapen wat deur die polisie gevind is FOTO: VERSKAF
‘n Man wat uit is op borg na ‘n aanklag van moord in Mohadin, is Sondagoggend in Rivierstraat saam met ‘n ander verdagte in hegtenis geneem.
Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is beide mans op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens in hegtenis geneem.
“Goeie samewerking tussen die polisie en die plaaslike verkeer het tot die arrestasie gelei. Daar is verskeie nommerplate sowel as handskoene in die voertuig gevind,” het Manyoba gesê.
Dit blyk dat die verdagtes van plan was om moontlik rooftog te pleeg.
Alhoewel die twee mans kort na die moord van ‘n besigheidseienaar op die Bult (lees vandeesweek se Herald) in hegtenis geneem is, kan die verdagtes nie met dié misdaad verbind word nie.
Een van die vuurwapen wat deur die polisie gevind is FOTO: VERSKAF
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.