NewsNews

Rower steek man met mes vir selfoon

'n Rower het Vrydag, 14 Junie 'n man met 'n mes gesteek, nadat hy sy selfoon gesteel en probeer vlug het.

‘n Rower het Vrydag, 14 Junie ‘n man met ‘n mes gesteek, nadat hy sy selfoon gesteel en probeer vlug het. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die slagoffer Vrydagaand omstreeks 22:45 saam met ‘n vriend in Walter Sisululaan gery waarna hulle ‘n bakleiery tussen drie ander mans gesien het.

Hulle het stilgehou en nader gegaan om te kyk wat aangaan. Die mans het ophou baklei, die slagoffer aan sy broekgordel geruk en met ‘n mes gedreig. Hulle het sy selfone gevat en weggehardloop maar die slagoffer en sy vriend het hulle agterna gesit.

Hulle het daarin geslaag om een van die rowers vas te trek maar in die proses is die slagoffer met ‘n mes gesteek.

Die rower is egter in hegtenis geneem en een van die gesteelde selfone is in sy besit gekry.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button