NewsNews

Rowers dreig man met vuurwapens

Twee mans en 'n vrou het Saterdag, 15 Junie 'n man met vuurwapens gedreig, hom in hul bakkie gegooi en hom van sy selfoon beroof.

Twee mans en ‘n vrou het Saterdag, 15 Junie ‘n man met vuurwapens gedreig, hom in hul bakkie gegooi en hom van sy selfoon beroof.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man Saterdagoggend in Wolmaransstraat geloop toe ‘n grys Nissan bakkie met drie insittendes naby hom stilhou.

Binne die bakkie was ‘n vrou en twee mans. Die mans het elk ‘n vuurwapen gehad waarmee hulle hom gedreig het terwyl hulle sy selfoon geëis het. Hy het geweier waarna die mans hom in die bakkie in forseer het.

Hulle het sy selfoon by hom gevat en hom by die poskantoor afgelaai waarna hulle gevlug het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button