NewsNews

Voetganger dood in Viljoenskroonpad-ongeluk

Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat 'n voetganger Saterdagoggend (3 Augustus) omstreeks 09:10 op die Viljoenskroonpad doodgery is.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n voetganger Saterdagoggend (3 Augustus) omstreeks 09:10 op die Viljoenskroonpad doodgery is.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die polisie na die ongelukstoneel sowat 10km buite Potchefstroom ontbied. Op die toneel was ‘n Mercedes Benz aan die regterkant van die pad. Die enjin van die motor het apart van die motor gelê.

Nooddienste het die liggaam van ‘n man op die grond by die ongelukstoneel gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. ‘n Ander persoon is in die ongeluk beseer en is na Mediclinic hospitaal geneem.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button