
‘n Saak van aanranding word ondersoek nadat ‘n man Vrydagoggend (23 Augustus) ‘n vrou in ‘n winkel in Scweizer Reneke gestamp het.
Op die video kan gesien word hoe twee vroue asook ‘n jong kind besig is met inkopies waarna die man in die verbygang, een van die vroue binne in ‘n rak vas stamp.
Volgens Kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sal die 33-jarige man na verwagting vandag (26 Agustus) in die hof verskyn.
“Die man is ‘n psigiatriese pasiënt wat behandeling ontvang,” het Funani gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



