Baillies het in totaal agt wedstryde gespeel en tot by die semi-finaal van die toernooi-beker deurgedring. Baillies was die enigste skolespan wat die top vier van die toernooi gehaal het.
Laerskool Baillie Park se o.13 Sewesspan. Agter: Eric Dreyer; Lourens Jacobs; Xander Smit. Middel: Mnr. Thys Smit (hulpafrigter); Ean Kirstein; Danie Gey van Pittius; Stephen Rossouw; Joe Orton; Ethan Jacobs; mnr. Puma Smit (afrigter). Voor: Sibusiso Ramabele.
Laerskool Baillie Park se eerste o.13 Sewesspan het aan die Blou Bulle Tuks Rugby Akademie Laerskool Sewes Rugbytoernooi wat op 16 en 17 Augustus in Brits gehou is, deelgeneem.
Baillies het in totaal agt wedstryde gespeel en tot by die semi-finaal van die toernooi-beker deurgedring. Baillies was die enigste skolespan wat die top vier van die toernooi gehaal het.
Laerskool Baillie Park se o.13 Sewesspan. Agter: Eric Dreyer; Lourens Jacobs; Xander Smit. Middel: Mnr. Thys Smit (hulpafrigter); Ean Kirstein; Danie Gey van Pittius; Stephen Rossouw; Joe Orton; Ethan Jacobs; mnr. Puma Smit (afrigter). Voor: Sibusiso Ramabele.
Die res het uit streekspanne, rugby en gekombineerde spanne bestaan. Die span het met ‘n bronsmedalje weggestap. Hulle het in agt wedstryde 156 punte aangeteken en slegs 114 punte afgestaan.
Die top puntemakers was Xander Smit en Lourens Jacobs.
Sewes groepe bestaan normaalweg uit 12 spelers, maar Baillies het dit vermag met slegs nege manne.
Hul afrigter, Puma Smit, het die span die 9mm Bullets gedoop!
Volgens hom was dit vir die seuns ‘n ongelooflike ervaring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.