NewsNews

Leef liefde en praat oor die verlede sê skrywer van Wit Wolf

Versoening en liefde is wat Stefaans Coetzee met sy boek, Wit Wolf aan almal wil verkondig.

Versoening en liefde is wat Stefaans Coetzee met sy boek aan almal wil verkondig. Hy het vanoggend (27 September) met Johan van Lill by die ATKV-Boeke-Oase oor sy boek, Wit Wolf gesels. Stefaans, wat eers as die berugte Worcester-bomplanter bekend gestaan het, het dié boek in samewerking met Alita Steenkamp geskryf nadat hy in 2015 op parool vrygelaat is.

Stefaans Coetzee en Johan van Lill tydens ‘n gesprek by die ATKV-Boeke-Oase.

In dié boek vertel hy van sy ongelukkige kinderjare, sy behoefte aan ‘n vaderfiguur en sy pad wat ongelukkig met verregses gekruis het.

Hy het op Oukersdag in 1996 het hy saam met twee ander mans,  bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant. Vier mense, waaronder drie kinders is tydens die ontploffings dood terwyl 67 mense beseer is. Hy is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis.

In die tronk kom hy tot bekering en stap ‘n lang pad om hom met die families en slagoffers van die bomtragedie te versoen.

Vandag kan ‘n mens skaars glo dat hierdie skraal man met die sagte oë en skaam glimlag tot moord in staat was. Hy verontskuldig nie sy dade nie, maar is opreg jammer daaroor. Hy wil hom nie meer met sy vorige rassistiese dade en mense vereenselwig nie en kies om elke dag liefde te leef.

Na al sy jare in die tronk lewe hy elke dag met dankbaarheid. Eenvoudige ervarings soos gras onder sy voete, sterre in die hemel en die voorreg om ‘n kind vas te hou is vir hom kosbaar. Toe hy uit die tronk kom, was vrouens vir hom die mooiste wesens. “Ek het nog nie een lelike vrou gesien vandat ek uit die tronk is nie”, vertel hy.  

Oor die toekoms in Suid-Afrika is hy baie positief en hy is vasberade om elke dag so te lewe dat ander die goedheid van God sal raaksien. “Die liefde wat ek van die Here ontvang het, laat my aangaan”, sê hy.

Oor die samelewing wat vandag rassisme steeds as ‘n troefkaart in politiek en besigheid gebruik, sê hy dat ons nooit apartheid onder die mat moet invee nie. “Ons moet nie swyg om oor die verlede te praat nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button