NewsNews

Rowers skiet man twee keer tydens huisbraak in Van der Hoffpark

'n Man (43) is gisteroggend (6 Oktober) omstreeks 03:15 tydens 'n huisbraak twee keer in die been geskiet.

‘n Man (43) is gisteroggend (6 Oktober) omstreeks 03:15 tydens ‘n huisbraak twee keer in die been geskiet.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man se 74-jarige ma die oggend uit hul huis binne ‘n veiligheidskompleks in Bachstraat gegaan om asem te skep.

Dit is toe dat sy die drie gewapende mans met balaklawas oor hul gesigte in die erf teëkom.

Die verdagtes het haar oorval en sy het na haar seun, wat binne die huis was, om hulp geroep.

Toe die seun sy ma probeer help het, het die verdagtes hom twee keer in sy been geskiet.

Die verdagtes het die huis geplunder en met onder andere selfone, ‘n televisie en die man se voertuig gevlug.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button