Twee top Gimmie-atlete, Miandi van Staden en Marthinus du Preez is in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorbereidingspan vir die 2020 o.20 Werêldatletiekkampioenskappe ingesluit.
Hierdie kampioenskappe gaan vanaf 7-12 Julie in Nairobi, Kenia plaasvind. Hierdie groep van 34 sluit die room van skool en studente-atlete in.


Du Preez is vir die 400m hekkies gekies, terwyl Van Staden vir die 200m en 4x100m aflos ‘n kans staan om die finale span te haal.
Die finale span wat na Kenia vertrek sal nader aan die tyd van die kampioenskappe bekend gemaak word.
Volgens ASA gee dit die atlete genoeg kans om voor te berei en te weet dat hulle in aanmerking geneem sal word oor die komende paar maande.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/60151/skitterend-miandi-nou-vinnigste-afrika/



