NewsNews

Skietvoorval eis bekende in motorkringe

'n Skietvoorval gister (11 November) in Klerksdorp se sentrale sakekern het die lewe van, Mohamed Dangor (30), ‘n bekende in motorkringe, geëis. 

‘n Skietvoorval gister (11 November) in Klerksdorp se sentrale sakekern het die lewe van, Mohamed Dangor (30), ‘n bekende in motorkringe, geëis.

Klerksdorp Record berig dat ‘n 37 jarige man homself reeds aan die polisie oorgegee het na die voorval.

Volgens Kapt. Aafje Bothma, provinisiale polisiewoordvoerder, het ‘n man by Speedy Car Sales in Andersonstraat ingeloop waarna hy met Dangor begin argumenteer het. Kort daarna het die man begin skiet. Twee ander mense is tydens die voorval beseer.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en twee ander klagtes van poging tot moord.

Dangor word glo vandag begrawe. Talle boodskappe van ondersteuning en meegevoel aan die Dangor gesin is gister (11 November) op sosiale media gedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button