NewsNews

Drie vas vir veediefstal

Drie mans is onderskeidelik Saterdag en Sondagoggend in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermeende gesteelde goedere. 

Drie mans is onderskeidelik Saterdag en Sondagoggend op aanklag van die besit van vermeende gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Een van die mans is in Klerksdorp en die ander twee in Ventersdorp in hegtenis geneem.

Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, was die polisie in Ventersdorp Sondagoggend met ‘n patrollie besig. ‘n Verdagte bakkie met nege skape agterop is in die dorp voorgekeer en deursoek.

“Die verdagtes kon nie rekenskap vir die polisie gee oor waar die skape vandaan kom nie. Albei, onderskeidelik 51 en 29 jaar oud is in hegtenis geneem. Hulle behoort op 7 Januarie in die Ventersdorp landroshof te verskyn.

In ‘n aparte voorval is Vuyisile Mayegiso (26) op R800 borgtog vrygelaat nadat hy in Klerksdorp op aanklag van die besit van vermeende gesteelde goedere in die hof verskyn het. Mayegiso is Saterdagaand (4 Januarie) in hegtenis geneem nadat ses vermeende gesteelde skape in sy besit op ‘n plot naby Klerksdorp gevind is.

“Verdere onderoek het gewys dat dié ses skape deel van ‘n groter kudde op ‘n plaas tussen Klerksdorp en Wolmaranstad is,” het Myburgh gesê.

Die provinsiale kommissaris, Lt. Gen. Sello Kwena het die polisiebeamptes bedank vir hulle goeie werk. Hy het boere gemaan om hulle diere te merk.


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button