NewsNews

Vuurwerke ontplof op Joolplaas

Vuurwerke wat vir die jaarlikse JOOL vuurwerkvertoning sou gebruik word het vandag (31 Januarie) omstreeks 11:30 ontplof. 

Vuurwerke wat vir die jaarlikse JOOL vuurwerkvertoning sou gebruik word het vandag (31 Januarie) omstreeks 11:30 ontplof.

Volgens Erasmus Esterhuizen, bemarking en korporatiewe identiteit van JOOL, is alles onder beheer en niemand is ernstig beseer nie. Die Herald verneem dat twee mense matige beserings opgedoen het maar dat nie een van hulle studente is nie.

“Die vuurwerke was in ‘n voertuig gebêre. Die brandweer was vinnig op die toneel om die brand in die voertuig te blus,” het hy gesê.

Volgens hom is die JOOL komitee steeds in samewerking met die polisie hard aand die werk  om die Joolplaas veilig te kry sodat vanaand se vertonings en Saterdag se vlotoptog kan aangaan.

“Die vertonings wat gisteraand sou plaasvind moes ongelukkig gekanselleer word, omdat baie van die kunstenaars reeds ander vertonings geskeduleer het,” het hy gesê.

Esterhuizen het onderneem om meer inligting deur te gee sodra daar meer duidelikheid is oor die vertonings en vlotoptog. Hy het benadruk dat hy positief is dat alles vinnig uitgesorteer sal word e ndat die vertonings en vlotoptog nog sal plaasvind.

FOTO: Susan Conradie/Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button