NewsNews

Total gaan binne kort skoon maak

‘n Bestuurspan en kontrakteur van Total SA het in Januarie die N12 Total Vulstasie, wat van rioolbesoedeling beskuldig word, besoek en begin eersdaags met ‘n remediërende program.

‘n Bestuurspan en kontrakteur van Total SA het in Januarie die N12 Total Vulstasie, wat van rioolbesoedeling beskuldig word, besoek en begin eersdaags met ‘n remediërende program.

Volgens die woordvoerder van Total SA, Nadia Vosloo, sal ‘n kontrakteur van Total op Maandag, 24 Februarie met ‘n skoonmaakprogram en versterkingswerk op die terrein van die Total Vulstasie begin. Volgens Total SA kon die toetse wat die bestuurspan en kontrakteur in Januarie gedoen het, nie met sekerheid bevestig dat die afvalwater wat uit die mangat loop, van die Total Vulstasie afkomstig is nie. “Dit is omdat die mangat die versamelpunt van drie bronne is, naamlik die N12 dreinering, twee aangrensende eiendomme en die vulstasie self,” sê Vosloo. Volgens haar het Total SA nietemin ingestem om remediërende aksie te neem omdat hulle gesondheid, veiligheid en omgewingsverantwoordelikhede ernstig opneem.
Vosloo het bevestig die werksaamhede by die vulstasie behoort teen 31 Maart afgehandel te wees.
Die Herald het verneem dat die hoof omgewingsbeampte van J.B Marks tans in Nieu-Seeland is en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button