
Die klubrugbyseisoen gaan komende Saterdag, 22 Februarie, op ‘n behoorlike hoë noot begin wanneer Potch Dorp Rugbyklub vir Klerksdorp Rugbyklub in die openingswedstryd van die Luiperds Presidentsliga aandurf.
Die ander drie spanne in hierdie liga is Impala, Luiperds XV en NWU-Puk 1.
Die tweede span se verrigtinge sal om 15:00 begin, met die eerste spanne wat om 16:25 sal uitdraf.
Vroeër die oggend sal daar ook ‘n junior rugbykliniek vir seuns van o.6 tot o.13 jaar wees. Die kliniek begin om 08:00 en sal tot 13:00 duur.
Toegang by die hekke is gratis en is juis ‘n goeie geleentheid vir die rugbyliefhebbers van Potchefstroom om kwaliteit klubrugby te kon aanskou.



