
Dag een van Suid Afrika se totale inperking het uiteenlopende reaksies vanaf inwoners uitgelok.
In uitbreidings soos Promosa, het mense gekla dat meeste hulle nie aan die inperkingsregulasies steur nie. Die polisie is glo reeds op pad na die area om mense aan die regulasies te herinner.
Op die Bult is dit ‘n heel ander situasie waar daar skaars ‘n voertuig in sig is. Selfs oor Desember wanneer meeste studente nie in Potchefstroom bly nie is dit nie so stil op die Bult nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







