NewsNews

Twee nuwe COVID-19-gevalle in Potchefstroom

Volgens die woordvoerder van Noordwes gesondheid, Tebogo Lekgethwane, was die statistiek van Klerksdorp en Potchefstroom eers verkeerd aangedui.

Daar is nou twee nuwe gevalle van COVID-19 in Potchefstroom na die Noordwes department van gesondheid vanoggend (Woensdag, 29 April) nuwe statistiek bekend gemaak het. Altesaam word die bevestigde gevalle in Potchefstroom as drie aangedui.

Volgens die woordvoerder, Tebogo Lekgethwane, was die statistiek van Klerksdorp en Potchefstroom eers verkeerd aangedui.

Noordwes Gesondheid het die bevestigde gevalle in Klerksdorp op Maandag, 27 April as vier persone en Potchefstroom as een aangeteken. Dinsdag, 28 April is die statistiek verander na Klerksdorp twee en Potchefstroom drie.

Die infeksietelling in die Noordwes provinsie het sedert Maandag, 27 April met met een gestyg wat nou te staan kom op 29 gevalle.

Die Herald sal later oor die gevalle in Potchefstroom berig soos nuwe inligting bekend gemaak word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button