Volkskool Potchefstroom se eerste en o15A krieketspanne is Noordweskampioene nadat hul albei gemaklik vandag (Saterdag, 17 Oktober) vir Ikageng Hub getroef het.
Volkies se eerste span wen met 8 paaltjies nadat hul vir Ikageng vir ‘n skamele 34 almal uitboul. AW van der Merwe neem 7-23 met sy draaiballe.
Volkies se o15A’s gaan een stap beter en kop Ikageng Hub se o15’s met 10 paaltjies nadat hul vir Ikageng vir 28 uitboul. Mofenyi Olaniran neem ongelooflike boulsyfers van vyf paaltjies vir twee lopies.
As Noordweswenners sal Volkies nou in die Noodvaalliga verder meeding vir die Noordvaal-titel (voorheen die Administrateursbeker.)





Wynand Schmitt, krieketdirekteur van Volkies en die eerstes se hoofafrigter, het ook in die proses sy tiende NW-titel by Volkies behaal.
Dit is die sesde titel saam met die eerste span. Hy het ook vier titels saam die o15A’s behaal.
“Dit beteken vir my baie en dit is lekker om die vrugte te kan pluk van die harde werk wat ons insit. Ek wil ook almal bedank wat die pad saam my gestap het, toe ek by Volkies begin het was dit Andries Huisamen en Stephan Pieters en nou is dit David en Cobus Crowther en Pieter Wiid. En veral my vrou wat my toelaat om baie naweke en vakansies weg van die huis af te kan wees,” noem Schmitt.




