
https://www.youtube.com/watch?v=4wfVfmLjWE8
‘n Man wat ‘n vrou in Reitzstraat oorval en beroof is, is Sondagmiddag (14 Junie) vasgetrek.
Volgens ‘n verklaring van Prof. Fika Janse van Rensburg, HUB van die Cachetpark CID, het kringteleviseoperateurs van Mooirivier Beskerming ʼn verdagte in Reitzstraat gesien. Die man het ‘n voetganger, oorval en beroof.
“Die oomblik toe dit opgemerk is, is reaksie ontplooi. Die verdagte het toe gevlug maar is vasgetrek op die hoek van Meyer- en Dwarsstraat,” het Janse van Rensburg gesê.
Een van die reaksiebeamptes van Mooirivier Beskerming is tydens ‘n struweling meer as een keer met ‘n mes gesteek.
“Ons kan bevestig dat die reaksiebeampte buite gevaar is. Die verdagte is gearresteer. Die slagoffer is ook opgespoor en haar selfoon is aan haar terugbesorg,” het hy gesê.
Janse van Rensburg het sy daank uitgespreek aan die lede van sowel die Kanonnierspark Inwonersvereniging as Cachet Park CID wat hulle in staat stel om misdaad te voorkom, misdadigers vas te trek, en só mee te werk dat die afgebakende gebied steeds veiliger is.




