Local newsNewsNews

Witrand se droomhuis pasiënte gaan vir eers nie skuif nie

Die huidige uitbreek van Covid-19 by die Witrand psigiatriese hospitaal wat verlede week aan die lig gekom het, het daartoe gelei dat die Witrand pasiënte wat in die droomhuis woon, nie in Junie na die hospitaal teruggeplaas gaan word nie.

Die huidige uitbreek van Covid-19 by die Witrand psigiatriese hospitaal wat verlede week aan die lig gekom het, het daartoe gelei dat die Witrand pasiënte wat in die droomhuis woon, nie in Junie na die hospitaal teruggeplaas gaan word nie.
Die Herald het in die uitgawe van 11 Junie berig dat elf inwoners van die sogenaamde droomhuis in Kampstraat, teen einde Junie na 19 jaar, verplaas sou word. Die redes vir die verplasing wat dié hospitaal by navraag gegee het, was onder meer die gebrek aan sekuriteit van pasiënte, finansiële beperkinge, asook die nodige sorg wat hul nie tans by die huis sou kon kry nie.

Die Witrand psigiatriese hospitaal se pasiënte wat tans in die droomhuis in Kampstraat bly. Weens die Covid-19 uitbraak by Witrand gaan die inwoners nie nou in Junie terugskuif nie. Foto: Verskaf
Die Witrand psigiatriese hospitaal se pasiënte wat tans in die droomhuis in Kampstraat bly. Weens die Covid-19 uitbraak by Witrand gaan die inwoners nie nou in Junie terugskuif nie. Foto: Verskaf

In die lig van die huidige Covid-19 situasie by Witrand het die hospitaal se woordvoerder, Koketso Diloane, bevestig dat die pasiënte vir eers in die droomhuis sal aanbly en dat planne vir verplasing moontlik eers in Desember vanjaar sal plaasvind.

“Weens die onlangse verwikkelinge het die bestuur van die hospitaal met al die belanghebbendes saamgewerk en tot die gevolgtrekking gekom dat die hervestiging van pasiënte van die huis na die hospitaal tot Desember uitgestel moet word,” het Diloane gesê.

Volgens Diloane is die verhuisingstaakspan ook tans besig om die jongste nuus rondom die verhuising met die pasiënte te bespreek.

“Nie een van die pasiënte by die huis het positief vir Covid-19 getoets nie en ons sal voortgaan om hulle kennis en inligting oor Covid-19 te versterk.”

Een van die Witrand pasiënte wat in Kampstraat bly, sê sy en die res van die inwoners is steeds ongelukkig oor die skuif terug na Witrand toe. “Ons diere is klaar gevat en ons moet klaar alles pak. Ons is gelukkig waar ons is, en dit is vir ons hier soos ‘n familie. Ons werk goed saam en help mekaar. As ons teruggaan, dan gaan ons apart van mekaar wees,” het sy genoem.
Volgens ‘n Potchefstroomse inwoner, Tom Führi, wat ‘n lang verbintenis met die mense in die huis het, is dit steeds ‘n risiko om die pasiënte weer terug te skuif Witrand toe.

“Ek het gewaarsku oor die risiko en die meeste van die droomhuis se mensies het bors- en party longprobleme.

Al hul goed is steeds ingepak en hulle ervaar nou erge spanning, veral in die lig van die Covid-19 gebeure by Witrand,” het Führi genoem.

Die gemeenskap kan Führi by (018) 297 3515 of 082 349 1957 kontak vir donasies en om hulp aan die inwoners van die droomhuis te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button