NWU-raad keur verkose lid af
Groot ontsteltenis heers tans nadat twee mense uit eie geledere vir die NWU raad verkies is, maar slegs een van die verkose lede se aanwysing deur die raad bekragtig is.
Groot ontsteltenis heers tans nadat twee mense uit eie geledere vir die NWU raad verkies is, maar slegs een van die verkose lede se aanwysing deur die raad bekragtig is.
Theo Venter skryf in ’n brief aan Beeld dat die aankondiging dat die aanwysing van Hans-Jurie Moolman, bekende prokureur, oud NWU student en munisipale raadslid, nie deur die raad bekragtig kon word nie, skokkend is en dat dit sy verstand te bowe gaan.
Hy beskryf dit as ‘proaktiewe sensuur’ deur die raad.
Volgens Venter het die raad besluit om nie Moolman se verkiesing te bekragting nie in gevolge art. 27(7)(e)i van die Wet op Hoër onderwys (1997), wat daarop neerkom dat ’n belange botsing bestaan.
“Moolman het in 2018 ’n brief aan die raadsvoorsitter van die NWU en die visekanselier geskryf in sy hoedanigheid as prokureur oor bewerings van wanbestuur en korrupsie. Die vraag nou is of die brief, wat hy in in sy professionele hoedanigheid, namens ’n kliënt, geskryf het, gesien kan word as ’n botsing van belange?” skryf Venter.
Die Herald het die brief wat Moolman in 2018 aan die raad gestuur het, onder oë gehad. Dié brief vra vrae wat onder meer met aanstellings en skeidingspakkete van personeel te doen het, asook vrae rondom die gebruik van die ampswoning van die vise-visekanselier.
Volgens Moolman is hy aan die begin van die jaar genomineer as lid van die Konvokasie en deur lede van die konvokasie.
“Die uitslae van die verkiesing is eers in die onlangse raadsvergadering bekend gemaak. Daar is toe nou en in my afwesigheid besluit dat ek ’n botsing van belange het wat ek nie geopenbaar het nie. Ek weet nie wanneer ek openbaarmakings moes maak as ek nie eers bewus was van die feit dat ek verkies was nie. Ander raadslede van die Universiteit was eers versoek om belange te verklaar na hulle verkiesing bekragtig was,” verduidelik hy.
Hy was ook nie onder die indruk dat daar ‘n botsing was nie, aangesien hy einde verlede jaar nog persoonlik deur die visi-kanselier genooi was na ‘n plegtigheid as ‘n spesiale gas van die Universiteit.
“Ek het eers per brief na die NWU Raadsvergadering ingelig dat ek verkies was en my verkiesing in my afwesigheid afgekeur was op grond van die beweerde versuim om sekere openbarings te maak. In verband met die briefwisseling met die NWU in 2018, sê hy dat dit nie enige hangende litigasie in enige forum teen die universiteit is nie. Dit was vrae wat aan die raad en/of bestuur van die NWU gestel is oor kwessies wat vir oud studente en personeel op daardie stadium kommerwekkend was.
“Ek glo die die raad het ’n oordeelsfout begaan en die besluit moet heroorweeg word. Ek doen ’n beroep op individuele raadslede om te besin oor die besuit. Moolman is wettig verkies en enige belangebotsing moet hanteer word nadat hy sitting in die raad geneem het en nie voor die tyd nie,” het Venter gesê.
Volgens Louis Jacobs, direkteur van kommunikasie by die universiteit, is die kwessie op die raadsvergadering van 28 Julie hanteer.
“Na ’n regsopinie verkry is, het die raad besluit om nie mnr. Moolman se aanwysing tot die raad te bekragtig nie, omdat daar bewyse is dat die universiteit moontlik teenstrydig met art. 27(7)(e)i van die Wet op Hoër onderwys (1997) sou wees. Alle verdere kommunikasie met die betrokke partye word deur die registrateur en die voorsitter van die raad hanteer,” het Jacobs gesê.




