Local newsNewsNews

Saak oopgemaak nadat hond geskiet is

Die eienaar van die hond het bevestig dat hy ’n saak van dieremishandeling by die SAPD oopgemaak het.

‘n Hond is Maandag, 7 Desember in die Haaskraal omgewing raakgeskiet, waarna die hond kort daarna weens bloedverlies gesterf het. Volgens Paws se bestuurder, Herman van der Sluis, is die hond, ‘n Great Dane, op ‘n plot in die omgewing aangetref waar die hond die plaasdiere aangeval het.

Die eienaar van die perseel het die hond raakgeskiet, maar nie doodgeskiet nie. Dit is klaarblyklik nie die eerste keer dat die hond probleme in die area veroorsaak nie.

Paws is kort na die voorval ontbied. Die hond is na plaaslike veeartse toe, maar hulle kon nie die bloeding stop nie waarna die hond dood is. Die eienaar van die hond het bevestig dat hy ’n saak van dieremishandeling by die SAPD oopgemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button