CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Grasdak ontvlam in die nag

'n Grasdaklapa het verlede Donderdag in Baillie Park afgebrand nadat dit vermoedelik vroeër die aand deur weerlig getref is.

“Ek het net gevries. Ek het nie geweet waar ek die brandweer se nommer in die hande gaan kry nie”, vertel ʼn inwoner van Baillie Park nadat ‘n brand hulle grasdaklapa by die huis heeltemal verwoes het.

Dié brand het verlede Donderdagaand omstreeks 11:00 in Vineystraat uitgebreek. Die grasdak het begin brand terwyl Casper en Maureen Combrink en die res van hulle gesin al geslaap het. “As die alarm nie afgegaan het nie, sou ons nie eers geweet het die lapa is besig om te brand nie” sê Maureen. Sy het eers gesien die lapa is in vlamme nadat sy die alarm afgeskakel het. Toe die beskermingsdienste, CB Security, bel om te hoor waarom die alarm afgegaan het, het sy vir hulle gesê die lapa brand en dat hulle sommer die brandweer moet skakel.

Maureen vertel verder dat haar man, Casper, en seun, Graeme, kop gehou het en intussen met die tuinslang en emmers water uit die swembad begin het om die vlamme te blus. Hulle dogter, Lee-Ann, was net so geskok soos haar ma, maar het darem omgesien na die honde en seker gemaak hulle is veilig.

nwu afr

Oppad na Vineystraat het die brandweer eers die brand in Winnstraat gesoek. Anné van Onselen, DA-raadslid van Wyk 3, wat ook op die toneel was, vertel dat Bertus le Roux die brandweer toe in Winnstraat gaan haal het en hulle na Vineystraat vergesel het. Ten spyte daarvan, het dit hulle omtrent 15 minute geneem om by die regte adres op te daag, vertel Maureen.  

Volgens haar was die ondersteuning van die brandweer en die bure in die omgewing wonderlik. “Ons buurman was ook so gaaf om die tweede grasdaklapa wat teenaan ons huis is nat te spuit om te keer dat dié grasdak nie ook begin brand nie.

Die tweede grasdaklapa teenaan die huis het gelukkig nie gebrand nie danksy die buurman wat dit natgespuit het en minder vlambaar gemaak het.

Die Combrinks is verlig dat twee kamers wat aangrensend aan die lapa was gelukkig nie gebrand het nie. Dié kamers het voorraad bevat wat ongedeerd gevind is. Niemand kan nie met sekerheid sê wat die brand veroorsaak het nie. Hulle vermoed die swaar weerlig verlede Donderdag kon die lapa getref het, maar dat dit nie dadelik begin brand het nie omdat dit ook gereën het. Maureen vermoed die elektriese bedrading in die lapa was beskadig en kon die brand veroorsaak het nadat die opgehou reën het.

  • NOODNOMMERS
    Belangrike noodnommers wat op jou telefoon geregistreer moet wees, is:
    Brandweer – 018 293 1122
    Polisie – 018 299 7476 / 018 299 2477
    Ambulans – 086 108 4124

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button