CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Kragonderbreking môre in Ventersdorp en omgewing

Noodherstelwerk by die hoofsubstasie in Ventersdorp sal veroorsaak dat Ventersdorp en omliggende omgewing môre (17 Desember) geen krag het nie.

‘n Kragonderbreking môre (17 Desember) sal veroorsaak dat die hele Ventersdorp, Moosa Park, Tshing, Toevlug en die omliggende plaasgemeenskap van 08:00 tot 17:00 geen kragtoevoer het nie.

Volgens die kommunikasiewoordvoerder van die J.B Marks munisipaliteit, William Maphosa, sal Ventersdorp se Hoofsubstasie afgeskakel word om noodherstelwerk te doen.

Inwoners word gevra om alle kraginstallasies as lewendig te hanteer aangesien die krag dalk voor die geskeduleerde tyd aangeskakel mag word. Die munisipaliteit vra ook omverskoning vir die ongerief wat dit vir almal meebring.

nwu afr  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button