JB Marks munisipale dienste tydens die feesseisoen
Vullis sal nie op Vrydag, 25 Desember (Kersdag) en op Vrydag, 1 Januarie (Nuwejaarsdag) in die JB Marks munisipale area verwyder word nie, maar gelukkig het die munisipaliteit twee ander datums hiervoor geskeduleer.
Vullis sal nie op Vrydag, 25 Desember (Kersdag) en op Vrydag, 1 Januarie (Nuwejaarsdag) in die JB Marks munisipale area verwyder word nie, maar gelukkig het die munisipaliteit twee ander datums hiervoor geskeduleer.
Tebogo Magome, die munisipale woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit, sê inwoners wat hulle asbliksakke op 25 Desember wou uitsit, moet dit eers op Maandag, 28 Desember doen. Vullis sal ook eers op Maandag, 4 Januarie in plaas van Vrydag, 1 Januarie verwyder word.
Magome sê ook dat die munisipale kantore op Woensdag, 23 Desember om 12:00 sal sluit. Daarna sal dit ook op 24, 25, 30 en 31 Desember gesluit wees. Die enigste ander twee dae in Desember wat die kantore weer oop is, is op Maandag, 28 en Dinsdag, 29 Desember.
Magome het inwoners verseker dat nood- en essensiële dienste soos die polisie, brandweer, elektrisiteit, water- en sanitasiedienste asook vullisverwydering soos normaal sal funksioneer. In geval van nood kan die volgende noodnommers in Potchefstroom en Ventersdorp geskakel word:
POTCHEFSTROOM noodnommers:
- Ambulans / ER 24 – 0861 084 124
- Polisie/SAPD – 060 987 9914, 018 299 7476, 018 299 7462, 018 299 7477
- Brandweer – 018 293 1122
- Water en sanitasie – 018 299 5408 / 018 299 5347 (na-ure)
- Elektrisiteit – 018 299 5350/ 018 299 5354 / 018 299 5347 (na-ure)
VENTERSDORP noodnommers:
- Ambulans / ER 24 – 0861 084 124
- Polisie/SAPD – 018 264 8000 / 018 264 8004
- Brandweer – 018 264 8534 / 071 860 7619
- Water en sanitasie – 018 264 8529
- Elektrisiteit – 018 264 8529 / 071 865 4151 (na-ure)
Die JB Marks munisipaliteit wens al die inwoners ʼn geseënde Kersfees en ʼn voorspoedige nuwe jaar toe.





