Internasionale filmkritici het gekies – 50 beste films van 2020
Meer as 200 filmkritici uit Europa, Latyns-Amerika, Afrika, Asië en die Midde-Ooste het elkeen hul lys van die top 50 films vir 2020 gemaak. Dié inligting is deur die “2020 IndieWire Critics Poll” verwerk om die top 50 films van 2020 te bepaal.

Meer as 200 filmkritici uit Europa, Latyns-Amerika, Afrika, Asië en die Midde-Ooste het elkeen hul lys van die top 50 films vir 2020 gemaak. Dié inligting is deur die “2020 IndieWire Critics Poll” verwerk om die top 50 films van 2020 te bepaal.
Die Amerikaanse rolprentwebwerf, IndieWire, reik jaarliks sedert 2006 ʼn lys van top 50 rolprente uit. Filmkritici van groot publikasies soos Variety en Hollywood Reporter asook kritici van plaaslike koerante, webwerwe en vryskut kritici was betrek.
Vanjaar se nr.1 film is Nomadland van regisseur Chloé Zhao. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die regisseur van IndieWire se topfilm ʼn vrou is. Hier volg meer inligting oor die top vyf films. Filmtitels van die res van die lys word daarna genoem.
1) Nomadland
Genre: Drama
Regisseur: Chloé Zhao
Skrywers: Jessica Bruder (boek), Chloé Zhao (draaiboek)
Akteurs: Frances McDormand, Gay DeForest, Patricia Grier
Sinopsis: ‘n Vrou ‘n reis deur die Amerikaanse Weste en leef as ‘n moderne, hawelose reisiger, nadat sy alles in die Groot Resessie verloor het.
Frances McDormand in ‘n toneel uit Nomadland
2) Never Rarely Sometimes Always
Genre: Drama
Regisseur: Eliza Hittman
Skrywer: Eliza Hittman
Akteurs: Sidney Flanigan, Talia Ryder, Théodore Pellerin
Sinopsis: ʼn Paar tienermeisies van ʼn klein dorpie in Pennsylvania reis na New York vir mediese ondersteuning nadat een van die meisies swanger geraak het.

3) First Cow
Genre: Drama
Regisseur: Kelly Reichardt Skrywers: Jonathan Raymond (gebaseer op die roman “The Half-Life”) Akteurs: John Magaro, Orion Lee, Toby Jones, Ewen Bremner, Scott Shephard, Gary Farmer Sinopsis: ʼn Bekwame kok reis weswaarts en sluit by ʼn groep pelsjagters in Oregon aan. Die kok vind slegs aanklank by ʼn Chinese immigrant wat ook ʼn bestaan probeer maak en binnekort werk die twee saam aan ʼn suksesvolle onderneming.

4) Lovers rock
Genre: Drama
Regisseur: Steve McQueen
Skrywers: Courttia Newland (draaiboek), Steve McQueen (draaiboek)
Akteurs: Amarah-Jae St. Aubyn, Micheal Ward, Shaniqua Okwok
Sinopsis: Die verhaal speel af in die 1980’s met ʼn partytjie by ʼn huis en maak die kyker van die verskillende onderlinge verhoudings van die karakters bewus. Geweld, romanse en musiek is deel van die storielyn.

5) I’m thinking of ending things
Genre: Drama/riller
Regisseur: Charlie Kaufman
Skrywers: Charlie Kaufman (draaiboek), Iain Reid (boek)
Akteurs: Jesse Plemons, Jessie Buckley, Toni Collette
Sinopsis: ʼn Jong vrou, vol twyfel en wantroue, reis saam met haar nuwe kêrel na sy ouers se afgeleë plaas. Met hulle aankoms bevraagteken sy alles wat sy van hom en van haarself.

Ander films wat ook toekennings onder die top 10 films ontvang het is: Beanpole (6), Time (7), Da5 Bloods (8), Martin Eden (9), Bacurau (10). Volg 11-50 op die filmlys by: 2020 IndieWire Critics Poll