CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Hofbevel keer onwettige betreders – uitsetting reeds aangevra

Twee regspanne se dringende aansoek gister in die hooggeregshof in Mmabatho om die onwettige besetting in die Mooibankarea te keer, was suksesvol bekragtig.  

Twee regspanne se dringende aansoek gister in die hooggeregshof in Mmabatho om die onwettige besetting in die Mooibankarea te keer, was suksesvol bekragtig.  Adv. Nic Laubscher het die JB Marks munisipaliteit verteenwoordig terwyl Adv. Oupa Mothibi die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming opgetree het.

nwu afr

Die hof het ʼn interdik uitgereik wat beveel dat mense nie die eiendom wat aan die departement van landbou behoort, verder mag betree of beset nie. Volgens die hofdokumente wat die Herald bekom het, mag niemand die betrokke besette area verder skoonmaak of penne of strukture op die eiendom oprig nie. Niemand mag reëlings tref, aanhits of hulp aanbied om die eiendom te betree nie. Openbare amptenare of lede van die SAPD wat wil verhoed dat mense die eiendom betree, mag nie geïntimideer of gedreig word nie. Openbare media of sosiale platforms mag ook nie gebruik word om reëlings te tref of aan te hits dat die eiendom betree word nie.

Die hofdokumente dui ook aan dat die regspanne reeds om ʼn uitsettingsbevel aansoek gedoen het wat voorlopig op 11 Februarie om 10:00 in die hof aangehoor sal word. Indien die bevel toegestaan word, sal die onwettige besetters slegs 24 uur kennis kry om die grond te verlaat voordat hulle fisies van die eiendom verwyder sal word. Die balju van die hof hanteer die uitsetting asook die sloping en die verwydering van enige strukture daarna en mag hulp en ondersteuning van ander persone, insluitend lede van die SAPD, hiervoor aanvra.

In ʼn mediaverklaring wat die JB Marks vanoggend (16 Januarie) uitgereik het, bevestig William Maphosa, mediawoordvoerder van JB Marks, weer dat die stadsraad die inval van die staatsgrond ten sterkste veroordeel. Volgens hom beplan die kantoor van die Speaker om die beweerde betrokkenheid van amptenare en sekere raadslede asook die gebruik van munisipale voertuie tydens die voorval te ondersoek. “Raadslede het ʼn gedragskode om te handhaaf en as leiers van die gemeenskap en verteenwoordigers van die munisipaliteit word daar altyd van hulle verwag om ʼn voorbeeld te stel” het Maphosa gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button