CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Puk-student vermis na sy in Oranjerivier swem

‘n Jong sielkunde student aan die NWU, Klarissa Joubert (19), het gisteraand (Donderdag, 21 Januarie) in Orania vermis geraak toe sy en ‘n groep vriende in die Oranjerivier geswem het.  

‘n Jong sielkunde student aan die NWU, Klarissa Joubert (19), het gisteraand (Donderdag, 21 Januarie) in Orania vermis geraak toe sy en ‘n groep vriende in die Oranjerivier geswem het.

nwu afr

Die dorp, Orania strek tot teenaan die Oranjerivier en volgens die uitvoerende hoof van die Orania Beweging, Joost Strydom, het Klarissa en ‘n groep vriende in binnebande in die rivier afgedryf. “Die rivier is hoër as gewoonlik en die strome baie sterker as gevolg van die baie reën die afgelope tyd”, vertel Joost. Klarissa het van haar band afgeval en is deur ‘n stroom meegesleur. “Haar vriendinne het haar probeer gryp, maar kon haar nie bykry nie. Dit het gelyk asof sy water gesluk het en toe het hulle haar uit die sig verloor”, vertel hy verder. Hy sê dat die voorval kort voor donker plaasgevind het.

‘n Duiker en ‘n lid van die gemeenskap in Orania tydens die soektog. Foto: Verskaf

Klarissa se vriende het dadelik aan wal gekom om hulp te ontbied.  Gou was die hele gemeenskap betrokke om te help soek. Roeiers en veiligheidsdienste het die area gefynkam en later het die SAPS se soek-en-reddingspan van Kimberley ook by hulle aangesluit. Volgens Joost het die soektog ongeveer 19:00, ‘n uur voor donker, begin.

Die gemeenskap is baie ondersteunend. “Boere langs die rivier het gisteraand by hulle pompstasies met flitsligte help soek”, vertel Joost. Mikroligte vliegtuie, ʼn helikopter en hommeltuie is ook vir die soektog ingespan. Hulle was tot laat gisteraand besig en het na 12:00 middernag die soektog gestaak weens die sterk strome van die rivier.

Oraniërs, die SAPD en boere werk saam. Foto: Verskaf

Vanoggend (22 Januarie) is die soektog weer hervat en teen 16:00 vanmiddag was reddingspanne steeds besig om te soek. Volgens Netwerk24 het Klarissa by haar ouers in Orania gewoon. Hulle kom oorspronklik van Ermelo in Mpumalanga. Klarissa het in 2019 aan die Hoërskool Ermelo matrikuleer waarna haar ouers na Orania verhuis het. Joost vertel dat hulle nog nie ʼn jaar in Orania bly nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button