LifestyleNewsNews

Neem deel aan Vyfhoek winkelsentrum se afskop

OFM radiostasie begin vandag, 18 Februarie om Potchefstromers opgewonde te maak oor die Vyfhoek winkelsentrum wat volgende Donderdag, 25 Februarie vir die publiek open.

Luisteraars kan van 12:00-15:00 op OFM inskakel waar hulle aan die Vyfhoek-vasvra kan deelneem en sodoende ‘n kans staan om pryse ter waarde van duisende rand te wen. Radiogasheer, Gerben van Niekerk, sal van 18-24 Februarie (tydens weeksdae) met die At Lunch-program (12:00-15:00), die Vyfhoek-vasvra aanbied waartydens hy leidrade oor ‘n sekere winkel by die winkelsentrum sal deurgee. Die lys van winkels is op die At Lunch blog en onderaan dié berig beskikbaar en kan as riglyn gebruik word om die vrae te beantwoord. Duisende rand se geskenkbewyse sal so uitgedeel word.

Op 25 Februarie sal OFM self by die winkelsentrum wees en kan besoekers verder aan al die feestelikhede deelneem. Van 8:30 -12:00 sal Planet Fitness GX-klasse buite in die parkeerarea aanbied. Van 09:00 – 15:00 is die SA Blood Drive daar om aan die publiek die geleentheid te gee om bloed te skenk en van 12:00 -15:00 is OFM self daar om die At Lunch-program lewendig uit te saai. Winkels sal op hierdie dag ook geskenkbewyse aan die publiek uitgee.

Besoekers kan die volgende winkels by die Vyfhoek winkelsentrum verwag: Super Spar, Tops, Planet Fitness with Roof-Top Track and Central Perk Smooches, Clicks, Westpack, Outdoor Warehouse, Jacks Paint, Miladys, Petzone, Crazy Store,  Central Perks Coffee Shop, Klein Bederf, Beauty Bar, The Views Meat Co – Biltong Shop, H20, Engel & Volkers, Body BluePrint, Spectacle Hut, Event 81, Body Lab, NR Cell, FNB kitsbank, Capitec kitsbank en Nedbank kitsbank.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button