CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Kundiges gee raad oor stres by kinders in die Covid-pandemie

Hoërskool Ferdinand Postma het die behoefte in die gemeenskap raakgesien om die stres en angstigheid rondom die Covid-pandemie by kinders en volwassenes aan te spreek.

Hoërskool Ferdinand Postma het die behoefte in die gemeenskap raakgesien om die stres en angstigheid rondom die Covid-pandemie by kinders en volwassenes aan te spreek. Hulle het kundiges van die Instituut vir Psigologiese Welstand van die Noordwes Universiteit, CHHP Care2Kids, genader om ʼn seminaar op Donderdag, 15 April by die skool aan te bied.

Cila Botha, ʼn onderwyseres by Ferdies, sê dit is geen geheim dat mense deesdae emosioneel swaarkry as gevolg van al die COVID-19 regulasies wat elkeen se konsep van “normaal” drasties laat verander het nie: “Maskers is ‘n noodsaaklikheid, die samelewing sosialiseer nou  anders, kinders mag nie meer vir onderwysers drukkies gee as hulle mekaar in die winkel gewaar nie en bladskud is iets van die verlede, sê sy.

Volgens haar ondervind volwassenes en kinders ‘n mate van angs en stres wat spanning veroorsaak. “Die effek van hierdie spanning raak ouers en kinders wat meer stry-kry met mekaar, tot meer bakleiery, leerders se akademiese prestasie wat daal, kinders wat ongemotiveerd is en ouers en kinders wat buite karakter optree. Die lys kan aangaan”, sê Botha.

Sy sê gelukkig kan daar iets aan gedoen word en dat die oplossings maklik uitvoerbaar is. Kundiges van die CHHP Care2Kids sal ouers toespreek om aan hulle te verduidelik wat gebeur met hulle eie liggaam en breinfunksie tydens ‘n stresvolle lewensverandering soos COVID-19 en wat hulle as ouers kan doen om hulle kinders te help in hierdie tyd.

Ouers in die Potchefstroom omgewing kan RSVP vir die geleentheid op Ferdies se webtuiste by www.ferdies.co.za. Die seminaar word gratis aangebied en die sperdatum om te bespreek is uitgestel na 14 April.  Die seminaar vind van 17:30-19:00 by Hoërskool Ferdinand Postma se SETH-saal plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button