
Gimmie se top swemmers het die naweek van 26 Maart aan die SA vlak-2 streekskampioenskappe in Kimberley deelgeneem en puik presteer. Madelé Harding verwerf drie goue- en een silwermedalje en Marno van der Merwe verwerf vier goue- en drie bronsmedaljes.
Schalk de Vos, Janco Uys en Tiaan Rossouw verteenwoordig Gimmies by die SA-juniorswemkampioenskappe vir die noordelike streek in Germiston. Tiaan verwerf ‘n silwer- en bronsmedalje en kwalifiseer ook vir die senior nasionale swemkampioenskappe.
Die swemmers is nou besig om voor te berei vir die SA junior- en seniorkampioenskappe wat in April in Port Elizabeth gaan plaasvind.
Foto: Verskaf


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



