
Pixie Pink Victim Advocate group het in ‘n onlangse verklaring op hulle Facebookblad besigheidsvroue, veral eiendomsagente teen ‘n seksuele roofdier gewaarsku. Volgens die verklaring het die groep met ‘n privaatspeurder gepraat oor ‘n man wat nommers van besigheidsvroue kry. Hy maak dan ‘n video-oproep na die vrou toe, sodra sy antwoord dan begin die man masturbeer.
“Hy het al verskeie eiendomsagente in Potchefstroom gekontak. ‘n Agent van Krugersdorp het ook na vore gekom en vertel dat hy haar ook ‘n paar maande terug gekontak het,” lui die verklaring. Pixie Pink waarsku dat eiendomsagente ook maar liewer versigtig moet wees wanneer hulle vir mense eiendomme gaan wys. “Probeer maar altyd iemand saam met jou neem,” waarsku die groep.
Enige iemand wat al deur die man geteister is word gevra om vir Johan Botes by 082 227 9823 met inligting te kontak.



