NewsNews

Sharks legende keer terug na sy Gimmie-wortels

Dit maak sin dat Botes hierdie nuwe rol aanvat, aangesien hy ‘n hart vir jongmense het en graag jong sportseuns en -dogters wil help om die volgende vlak te bereik.

Jacques Botes, die voormalige Sharks rugbyspeler en rekordhouer vir meeste Curriebekerwedstryde, keer terug na sy wortels by Potchefstroom Gimnasium. Botes, wat in 1998 aan Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer het, gaan nou die leisels as direkteur van sport by Gimmies aanvat.

Hy gaan ook by die seunskoshuis betrokke wees en met werwing en afrigting op die rugbyveld help. Dit maak sin dat Botes hierdie nuwe rol aanvat, aangesien hy ‘n hart vir jongmense het en graag jong sportseuns en -dogters wil help om die volgende vlak te bereik.

“Ek en die beheerliggaamvoorsitter, Japie van Zyl, het gesels en besef dat daar ‘n behoefte is, veral op sport- en kultuurgebied. Een ding het na die volgende gelei en nou gaan ek in die derde kwartaal amptelik by Gimmies begin. Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging,” vertel Botes met ‘n glimlag.

Volgens hom het sport ook ‘n groot impak op ‘n kind se lewe en hy wil graag sy passie vir sport oordra. “Ek het in my loopbaan as rugbyspeler ook baie lewenslesse geleer en ek glo of ‘n speler eerste span of tweede span speel, moet hulle dit geniet.

Sport moet ‘n positiewe impak op hulle lewe hê.” Botes het die afgelope paar jaar by die Parys Gholf & Country Estate as algemene bestuurder gewerk en verhuis nou saam met sy vrou Nadia en drie kinders na Potchefstroom. Die voormalige flank noem juis dat hy nog steeds baie goeie herinneringe van sy skooldae het en dat dit lekker is om terug te keer.

“Dit is regtig lekker om terug te kan wees waar ‘n mens in jou skooldae diep spore getrap het. Daar is definitief heimweë hier vir my. “Gimmies is ‘n fantastiese skool.

Ek wil graag voortbou op dit wat reeds hier goed werk en ook uitkyk om nuwe goed in plek te sit.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button