CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Kleuterskool kraai van lekkerte met skaalmodel skenking
Die vakgroep Stads- en Streeksbeplanning van die Noordwes-Universiteit het hul stedelike ontwerp skaalmodelle aan Kekkel en Kraai kleuterskool geskenk.
Die vakgroep Stads- en Streeksbeplanning van die Noordwes-Universiteit het hul stedelike ontwerp skaalmodelle aan Kekkel en Kraai kleuterskool geskenk.
Hierdie praktiese opdragte van studente word vir ‘n tyd lank by die universiteit gestoor en beland na ‘n ruk op die ashoop. Vanjaar het Carina van der Merwe, sekretaresse van die vakgroep, met die briljante plan vorendag gekom om die modelle eerder aan ‘n kleuterskool te skenk.
Die modelle word nou behoorlik deur die kleuters ingespan. Dié mini-stede hou hulle nou vir ure besig en is beslis baie meer opwindend met die wilde diere en dinosourusse wat deel is van hulle stadsgemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!