CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Drie lig beseer na motor op dak beland

‘n Rooi Chevrolet Avio het vanmiddag op sy dak beland nadat dit met ‘n grys Volkswagen Polo gebots het. Die botsing het omstreeks 14:00 op die hoek van Maree- en Rivierstraat plaasgevind.

‘n Rooi Chevrolet Avio het vanmiddag (6 Oktober) op sy dak beland nadat dit met ‘n grys Volkswagen Polo gebots het. Die botsing het omstreeks 14:00 op die hoek van Maree- en Rivierstraat plaasgevind.

ER24 was vinnig op die toneel en het drie mans wat uit die voertuig gekruip het, bygestaan.  Volgens een van die nooddienspersoneel op die toneel het al drie slegs ligte beserings opgedoen. Die bestuurder in die Polo het geen beserings opgedoen nie.

Een van die omstanders wat in die buurt woon, het gesê dit gebeur dikwels dat voertuie te vinnig in Rivierstraat ry en glad nie by die kruising stop nie. Hy het vertel van ‘n voertuig wat twee maande gelede op dieselfde plek ‘n ongeluk gemaak het en deur die huis op die hoek se palisade gery en teen die kragpaal gebots het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button