Local newsNewsNews

Harde werk maar tevrede hart

“Dit was ongelooflike harde werk, maar ek is tevrede met die resultate.” So vertel Carma van Niekerk nadat sy onlangs algeheel derde in vanjaar se Ster Status kompetisie geëindig het.

“Dit was ongelooflike harde werk, maar ek is tevrede met die resultate.” So vertel Carma van Niekerk nadat sy onlangs algeheel derde in vanjaar se Ster Status kompetisie geëindig het. Dié plaaslike onderwyseres het vir sewe maande geswoeg en gesweet om uiteindelik in die top drie te eindig. “Ons het verskeie werkswinkels bygewoon, waarna hulle vir ons ‘n uitdaging gegee het. Alles het punte getel,” vertel sy. Die onderskeie werkswinkels was onder meer in televisie aanbieding, rolspel en sosiale media bestuur. “Ek het baie geleer, wat ek in my eie sangloopbaan gaan gebruik,” vertel sy opgewonde. Carma is ook ‘n sangeres wat onlangs haar nuutste enkelsnit, ‘Oase’ bekendgestel het. Dit was gelukkig nie alles net werk nie, volgens haar het sy ook hegte vriendskappe gemaak. “Ek is nie ‘n persoon wat baie vriendinne het nie, maar selfs voor die wenners aangekondig is, het ek en die ander vroue wat plekke behaal het, baie goeie vriendinne geword. Selfs ons mans wat maar baie van die uitdagings saam met ons beleef het, het ook vriende geword. Ek sien uit daarna om volgende jaar die wenner te ondersteun,” vertel sy. Carma het oor die sewe maande baie van haar self ook geleer, onder andere dat sy ’n verskuilde talent as aktrise het. Sy het die rolspel uitdaging gewen waarna sy met die hoofrol in die groep se kortfilm beloon is. “Ster Status het my regtig gedruk om dit wat ek wil doen, vermaak, voluit te doen. Sonder die ondersteuning van die mense en besighede in Potchefstroom sou ek dit nie behoorlik kon aanpak nie,” glimlag sy. Deel van Carma se Ster Status reis was ’n vertoning wat sy saam met Demi-Lee aangepak het. Dan is daar nog die Carmaval wat wag. Dit is deel van die fondsinsamelingprojek wat sy vir welsynsorganisasie doen. Die datums is verskeie kere weens inperkingsmaatreëls geskuif maar behoort op 6 November plaas te vind. Loer gerus op Facebook vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button