NewsNews

Requestor toep vat vlam: Statistieke bied oorsig

Sedert die Requestor toepassing op 3 September vanjaar in Potchefstroom uitgerol is, het 642 inwoners reeds geregistreer om diensleweringkwessies via die toepassing te rapporteer.

Sedert die Requestor toepassing op 3 September vanjaar in Potchefstroom uitgerol is, het 642 inwoners reeds geregistreer om diensleweringkwessies via die toepassing te rapporteer.

Rapportering op die toep is vinnig en maklik. Inwoners moet egter besef dat rapportering op die toep nie noodwendig beteken dat die munisipaliteit dadelik aandag aan die gestipuleerde probleem gee nie.

Dít is duidelik sigbaar uit die statistiek dat slegs 13 van die 516 e-posse wat probleme aan die munisipaliteit gerapporteer het, oopgemaak en gelees is.

‘n Groot voordeel van die toep is egter dat dit raadslede nou in staat stel om bewyse op te bou en statistiek te versamel om die munisipaliteit te kan aanvat wanneer probleme nie vinnig genoeg aandag geniet nie. Vantevore het elke individu ‘n probleem gerapporteer – onwetend van mekaar en sonder enige werklike bewys as dit telefonies gedoen was.

https://requestorapp.co.za/

Requestor rapportering vergemaklik ook die inwoner se kommunikasie na die munisipaliteit geweldig. Niemand hoef meer die munisipaliteit te bel en lank aan te hou nie.

Straatligte wat nie werk nie, blyk uit die grafiek hier bo tans die grootste krisis te wees. Daarna volg infrastruktuurprobleme. Grafieke: Verskaf

Requestor het geen toegang tot ‘n inwoner se persoonlike wagwoord nie en alle data wat versamel word, word so veilig as moontlik deur Requestor bewaar. Vir die eerste keer kan inwoners nou gereeld ingelig word oor die probleem areas . Dit vergemaklik ook raadslede se werk om verantwoordbaarheid by die munisipaliteit te kan afdwing.

Dit blyk dat die meeste inwoners wat reeds van Requestor gebruik maak, in Wyk 23 (Dam area; Mooivalleipark; Van der Hoffpark en Ou Baillie Park) en Wyk 3 (Tuscany; De Land; Nuwe Baillie Park en Vyfhoek) woon.

Die Menseregtekommissie is genader om ondersoek in te stel na die erge rioolprobleme in Potchefstroom. Requestor het hul werk vergemaklik deurdat die beskikbare statistiek hul dadelik in staat kon stel om die relevante adresse/areas te besoek.

Sodra ‘n probleem aandag geniet, kan die inwoner of die raadslid dit op die toep aanmeld as in progress of resolved wanneer dit opgelos is.

Sodra ‘n probleem aandag geniet, kan die inwoner of die raadslid dit op die toep aanmeld as in progress of resolved wanneer dit opgelos is.

Een van die ontwikkelaars van die toep, Werner van Onselen help graag as ‘n inwoner sou sukkel met die gebruik van Requestor op sy/haar foon of rekenaar. Vir enige navrae, kontak Werner by 071 363 3673.

Die toep kan afgelaai word by https://requestorapp.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button