CommunityNewsNewsPhoto Galleries

So word dr. Raats onthou

Die geduldige, vriendelike dokter by Medicross se vonkel in sy ysblou oë is stil. Nadat sy dood verlede Donderdag (9 Desember) op Herald se Facebookblad aangekondig is, het huldeblyke ingestroom.

Die geduldige, vriendelike dokter by Medicross se vonkel in sy ysblou oë is stil. Nadat sy dood verlede Donderdag (9 Desember) op Herald se Facebookblad aangekondig is, het huldeblyke ingestroom.

Die mense wat hom geken het, het met groot hartseer en deernis onthou  en hom as ‘n legende beskou.

Dr. Alphonso Raats wat vir 53 jaar as algemene praktisyn in Potchefstroom gewerk het, is verlede Donderdagoggend (9 Desember) in die ouderdom van 82 jaar oorlede. Hy was in die Multisorg hospitaal in Potchefstroom opgeneem waar hy na ‘n rugoperasie herstel het.

Dr. Raats het vir die afgelope 24 jaar by Medicross in Potchefstroom gewerk. Hy het nog tot twee weke voor sy dood gepraktiseer waarna hy ‘n rugoperasie, limbale diskusprolaps, ondergaan het, het dr. Vorster, ‘n kollega bevestig.

Sy kollegas onthou hom as ‘n dierbare, joviale mens wat hom nie laat aanjaag het nie. “Hy het altyd tyd gemaak om met sy pasiënte te gesels en na hulle kinders uit te vra”, sê dr. Vorster.

Dr. Alphonso Raats by sy praktyk

Van die huldeblyke op Facebook het sy liefdevolle karakter vol empatie beaam. Alma Snyman skryf: “Liewe Yvonne en kinders. Ons harte is sooo seer om te verneem van dr. Alphonso se afsterwe. Niemand sal ooit sy plek kan volstaan nie. Meer as 40 jaar was hy altyd daar vir ons Snymans – dag en nag. Dankie Alphonso. Ons sal jou nooit vergeet nie. Van al die Snymans.” Trynie Roberts skryf: “Hy was ‘n mense mens, altyd vriendelik en baie vol deernis. Rus in vrede.”

Hermanie du Plessis, dr. Alphons se dogter, onthou haar pa as iemand wat altyd goed was vir die almal wat oor sy pad gekom het. “Hy was ‘n mentor, ‘n vriend en ‘n pa vir so baie mense.” Sy sal altyd onthou dat hy lief was vir grappies en nooit die kans laat verbygaan het om vir iemand ‘n poets te bak nie. “Hy het altyd net die beste geglo van almal, al het mense hom soms teleurgestel. Hy het altyd geglo daar is goed in almal. Ons harte is seer. Ons is platgeslaan, maar nie verpletter nie,” sê Hermanie.

‘n Goeie vriend van die familie skryf hoe hy dr. Raats onthou: “Alphonso was a man who took the very worst which life could throw at him, and it threw him some horrific curve balls, and yet all he gave back was kindness. He has seen the worst sides of humanity and only returned compassion. He would emit more empathy than medicines. Supply more sensitivity than stitches. Politeness trumped plasters. Casts were wrapped chiefly in care. He would look always for humour, despite the grave presence of tumours. He would understand the person first before diagnosing the disease second.”

Sy seun, Alphonso Raats (jr.) onthou hoe lief sy pa vir sport was. Dr. Raats het meer as 10 keer die Comrades marathon en die Two Oceans voltooi. Hy het vlugbal en gholf gespeel en was ‘n judo kampioen toe hy op universiteit was. Hy het destyds sy dienste as die spandokter van die Wes-Transvaalse rugbyspan gratis aangebied voor rugby ‘n professionele sport geword het. Dr. Raats was ook een van die stigterslede van die Noordwes-Universiteit se Biokinetiese Sentrum.

Alphonso (jr.) sê hy staan verstom oor die aantal mense wat medelye met sy pa se afsterwe betoon. “My pa was opreg lief vir sy pasiënte en het almal met dieselfde respek hanteer en nie onderskeid in ras, geslag of status gemaak nie. Hy het ook graag met ander mense se kinders gespog. Hy was gebore om ander te dien en was gefrustreerd met goeie gesondheidsorg wat arm mense uitsluit en het vir arm pasiënte sy dienste gratis aangebied,” vertel Alphonso (jr).

Dr. Raats word oorleef deur sy vrou Yvonne, sy seun, Alphonso Raats (jr.), dogter, Hermanie du Plessis en vier kleinkinders.

As gevolg van die toename in Covid-19-gevalle, beplan sy familie om eers in Januarie 2022 sy gedenkdiens te hou om so sy lewe te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button