NewsNews

Voorspoedige Feestyd in vreemde tye

Ons sien uit na 2022, en gaan aanhou om die gemeenskap van Potchefstroom ingelig te hou. Tot volgende jaar, wees veilig.

Wat ’n jaar! Of sal ons sê, wat ‘n twee jaar?!
Verlede jaar hierdie tyd weens ’n derde golf van die Covid-19 pandemie, was ons ingeperk, ons kon nie ons uitgebreide familie besoek of ’n welverdiende vakansie weg geniet nie.
 
Besighede het in die laaste twee jaar hulle deure gesluit en sommige oorleef ook maar net-net. Baie mense het geliefdes aan Covid verloor baie van ons is gelukkig om die virus te oorleef. Van ons het die inenting ontvang sommiges van ons is steeds skepties daaroor.
 
Alhoewel dit onseker is ten tyde van skrywe of ons weer gehok sal wees oor Desember, is een ding seker – 2020 en selfs 2021 sal onthou word as die jare van Covid, van siek en dood. Dit voel soms dit is al waaroor mense kan praat.
 
Tog is daar soveel mooi dinge om in 2021 te onthou hier op tuisbodem.
 
Soos die matriekleerder, CJ van Niekerk wat sy Teologiegraad met lof geslaag het. Dit alles voor sy 19de verjaarsdag. Ons eie Potchefstroomse ontwerper wat die uitrustings vir Mej. SA by die Mej. Heelal kompetisie gemaak het. Ons eie Luiperdsrugbyspan wat die Curriebeker 1ste divisie gewen het.
 
Maar dan is daar ook al die persoonlike dinge in ons eie lewens waarvoor ons moet dankbaar wees. Jou gesondheid, jou gesin, die dak oor jou kop, die brood op jou tafel en die voorreg om weer ’n volgende dag aan te pak. Ongeag hoe moeilik dit mag wees.
 
In ’n vreemde tyd wens ons, van die Herald se kant af elke getroue leser, adverteerder en lid van die gemeenskap in Potchefstroom ’n voorspoedige feestyd en nuwe jaar toe.
Ons sien uit na 2022, en gaan aanhou om die gemeenskap van Potchefstroom ingelig te hou. Tot volgende jaar, wees veilig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button