NewsNews

Inwoners vir meer as 12 ure sonder krag: Swaar reën vertraag herstelwerk

Die swaar reën wat vanmiddag geval het, het ook die herstelwerk onderbreek

Sommige Potchefstromers is nou al sedert gisteraand sonder krag, met inwoners in die Suiddorp wat vir meer as 12 ure sonder krag sit, weens ‘n foutiewe kabel.

Tegnici is steeds onverpoos besig om die kabel te herstel. Die swaar reën wat vanmiddag geval het, het ook die herstelwerk onderbreek, terwyl hierdie dik kabel ook die werk bemoeilik.

Die J.B. Marks Munisipaliteit het nog nie ‘n persverklaring oor die situasie uitgereik nie en dit is nog nie bekend wanneer die krag weer volledig herstel sal word nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button