NewsNews

Van die Redakteur: ‘n Onmoontlike besluit

Dinsdagoggend is ’n vrou deur drie honde aangeval en verskeur. Die buurman het die honde noodgedwonge om die vrou se lewe te red, doodgeskiet

Dinsdagoggend is ’n vrou deur drie honde aangeval en verskeur. Die buurman het die honde noodgedwonge om die vrou se lewe te red, doodgeskiet (Lees die berig in vandeesweek se Herald). Sosiale media gons. Daar is ‘n skeiding tussen die wat glo daar kon anders opgetree word om die honde weg te kry sonder om hulle te skiet en die wat glo die buurman het reg opgetree. Die honde was vir die eienaar soos haar kinders. Die vrou wat verskeur is, het kinders van haar eie en is iemand se kind. Die eenvoudige manier om daarna te kyk is om te sê ‘n mens se lewe is belangriker as ‘n dier s’n. Daar is egter ook ‘n tweede dimensie oor die voorval. Die feit dat daar binne ‘n paar sekondes ‘n besluit geneem moes word, baie soos wat ons eie wetstoepassers elke dag moet besluite neem. As mens vir ‘n oomblik jouself in die buurman se situasie plaas. Jy hoor ‘n vrou se noodkrete, jy gaan om ondersoek in te stel, die vloer is vol bloed, jy sien drie honde besig om die vrou te verskeur. Die vrou bly om hulp skree. Die vrees word by jou gewek dat die honde jou ook gaan aanval. Jy moet vinnig ‘n besluit neem. Hulle byt jou, hulle hou aan om die vrou te verskeur of jy skiet na die honde toe? Daar is nie tyd om te redeneer en ander se opinie te vra nie, jy moet optree voor dit te laat is. Wat doen mens dan? Soos hulle in Engels sê: ‘Hindsight is 20/20 vision’. Daar is baie opinies oor hoe die situasie anders hanteer kon word, maar in die oomblik moes ’n besluit binne sekondes geneem word. Die honde is dood en daar is mense wat oor hulle treur. Daar is ‘n dogter en ma wat nou vir haar lewe veg. Daar is mense wat oor haar ook treur. Die situasie het werklik geen goeie uitkoms gehad nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button