
Die Luiperd Rugby Unie se “Afrigters Vereniging” is weens die Covid-19 pandemie sedert 2020 op ys geplaas. Met die regulasies wat verslap het en alle rugby wat weer kan voortgaan, wil die unie graag weer die vereniging op die been kry. Alle afrigters word uitgenooi na die LRU Afrigters Vereniging se aktivering en inligtingsessie op Saterdag, 19 Februarie by Oliënpark. Die sessie sal om 10:00 begin en teen 12:00 klaar wees. Die volgende punte sal bespreek word: Agtergrond van die Afrigters Vereniging Doelwit en aktiwiteite van die Afrigters Vereniging, Samestelling en struktuur van dié verenigingkomitee en lidmaadskap van dié vereniging Konstitusie Pad vorentoe en tydlyn Nominasies vir die komitee Algemeen Bevestig asb. jou teenwoordigheid by: stewart@leopardsrugby.co.za voor 12:00 op Woensdag, 16 Februarie.



