NewsNews

VF Plus rol moue op om Ventersdorp skoner te maak

“As ‘n politieke party, plaas ons druk toe in die raad ten einde te verseker dat die inwoners van die J.B Marks Munisipaliteit die dienste ontvang waarop hul geregtig is.

Die Vryheidsfront Plus het as deel van ‘n gemeenskapsinisiatief wat Saterdag, 26 Maart deur Herotel geloods is, gedeeltes in Ventersdorp skoongemaak. Verskeie besighede, rolspelers en individue het hulle hande vir ‘n goeie doel vuilgemaak. Die gemeenskap is by verskeie punte wat vooraf geïdentifiseer is ingedeel.

Die VF Plus koukus in die J.B. Marks Munisipaliteit wat met die skoonmaak gehelp het is Thys Rossouw, Hannes Lourens, Ian de Villiers, Thys Davids, Marlene Steyn-du Toit en Pieter Steyn. Foto’s: Verskaf

Die VF Plus raadslede en ondersteuners was primêr gestasioneer by die ingang van Ventersdorp op die Potchefstroom pad. “Ons raadslede het in ons persoonlike hoedanigheid ‘n finansiële bydrae gemaak tot die gemeenskapsinisiatief,” noem VF Plus raadslid in die J.B Marks Munisipaliteit, Marlene Steyn-du Toit. “As ‘n politieke party, plaas ons druk toe in die raad ten einde te verseker dat die inwoners van die J.B Marks Munisipaliteit die dienste ontvang waarop hul geregtig is. “Ons gaan voort hiermee in die raad, maar glo ook dat dit goed is om aktief hand by te sit met goeie gemeenskapsinisiatiewe waar die gemeenskap eienaarskap van hul omgewing neem ten einde ‘n daadwerklike positiewe verskil te maak. “Ons pas steeds druk toe om te verseker dat die werk deur die munisipaliteit gedoen word, maar sal voortgaan om die gemeenskap in woord en daad by te staan,” noem Steyn-du Toit verder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button