NewsNews

Motoris sit vas in diep sloot in Beyers Naudelaan

Plaaslike owerhede was op die toneel en die stuk pad was tydelik gesluit terwyl insleepdienste die beskadigde motorvoertuig uit die sloot gehaal het.

‘n Motoris het met sy voertuig in ‘n sloot in Beyers Naudelaan vanoggend (Sondag, 8 Mei) vasgesit.

Hierdie sloot wat kontrakteurs gegrawe het, het weens die reën vanoggend inmekaar gesak.  Die motoris het direk in die sloot met sy voorwiele gery.

Die motorvoertuig wat vanoggend in die sloot in Beyers Naudelaan gery het. Foto: Verskaf.

Hierdie gevaarlike sloot wat regoor Beyers Naudelaan tussen Boom en Hoffstrate in Miederpark oopgegrawe was, is onlangs opgevul, maar omdat die grond nie gekompakteer was nie het die reën veroorsaak dat die pad waar die sloot gegrawe is, inmekaar gestort het.

Plaaslike owerhede was op die toneel en die stuk pad was tydelik gesluit terwyl insleepdienste die beskadigde motorvoertuig uit die sloot gehaal het.

Die pad is nou weer rybaar met die sloot wat sedertien goed opgevul, en in ‘n spoedhobbel omskep is.

Motoriste word steeds gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle hierdie stuk pad gebruik.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button