Verlate kleuterskool se dak afgebrand
'n Brand het vanoggend (Woensdag, 10 Augustus) by die kleuterskoolgebou naby Olenpark uitgebreek wat die dak laat ineenstort het.
‘n Brand het vanoggend (Woensdag, 10 Augustus) by die kleuterskoolgebou naby Olënpark ontstaan wat die dak laat ineenstort het. Daar is ook brandskade aan die res van die gebou.
Hierdie gebou staan al vir ‘n paar jaar leeg en met die Herald se besoek aan die gebou was daar baie rommel op die toneel en die gebou is in ‘n alreeds verswakte toestand.
Daar was ook planne om die gebou as ‘n hawe van veiligheid te restoureer, maar met hierdie brand is daardie planne vir eers op die agtersitplek.
Volgens die JB Marks Munisipaliteit woordvoerder, Jeanette Tshite, het die brandweer om 09:24 ‘n oproep oor die brand ontvang.
“‘n Ondersoek is steeds aan die gang oor die aangeleentheid en verdere inligting kan op die oomblik nog nie bekend gemaak word nie,” het sy genoem.










