Local newsNewsNews

MooiRivier Mall se spinathon bring hoop in nasionale Vrouemaand

MooiRivier Mall, in samewerking met Planet Fitness, gaan Saterdag, 27 Augustus, as deel van nasionale Vrouemaand, ‘n spinathon aanbied om fondse vir Dignity Dreams in te samel en ‘n verskil in talle jong vroue en dogters se lewens te maak.

MooiRivier Mall, in samewerking met Planet Fitness, gaan Saterdag, 27 Augustus, as deel van nasionale Vrouemaand, ‘n spinathon aanbied om fondse vir Dignity Dreams in te samel en ‘n verskil in talle jong vroue en dogters se lewens te maak.
Die doel van hierdie spinathon wat om 09:00 begin, is om geld in te samel sodat behoeftige jong vroue en dogters sanitêre doekies kan hê.Talle jong vroue het nie geld om sanitêre doekies te koop nie en het ook nie altyd die kennis om te weet hoe om hulle menstruele siklus met deernis te hanteer nie.
Dit is waar Dignity Dreams inkom met spesiale selfvervaardigde en wasbare sanitêre doekies wat baie langer hou as die weggooibare doekies wat algemeen beskikbaar is. Hein Lubbe gaan namens hierdie organisasie die spinathon lei en noem dat daar plek vir 30 spanne is. Die koste per span is R1 800.
“Elke span gaan 4-6 lede hê en die spinathon sal 90 minute duur. Spanlede gaan dan elke drie liedjies ruil,” noem Lubbe, wat al sowat 20 spinathons vir verskillende doeleindes gelei het.
Op die dag sal daar ook verskillende pryse op die spel wees vir die span wat die beste aangetrek is, die verste afstand aflê en nog ander prettige kompetisies wat deelnemers op hulle tone sal hou.
Daar sal ook verskeie stalletjies by die parkeerarea by die waterwiel wees wat deelnemers voor en na afloop van die spinathon kan besoek. Volgens Lubbe, ook ‘n professor in regte aan die NWU, is dit belangrik dat meisies en jong vroue se menstruele gesondheid as ‘n basiese mensereg gesien word en dat die projek volhoubaar moet wees. Dit help dus nie dat vroue sanitêre doekies ontvang en dan weer na ‘n maand niks het nie. Dit is waarom Dignity Dreams juis ‘n groter verskil kan maak aangesien hulle produk langdurig gebruik kan word.
“Dit is belangrik dat besighede in so ‘n projek terugploeg waar dit ‘n verskil vir talle jong vroue kan maak. Met die geld wat ingesamel is, sal ons skole in die gemeenskap identifiseer en dan die Dignity Dreams pakkies uitdeel,” vertel Lubbe verder. Elke pakkie bevat ses wasbare doekies. Een doekie is gelykstaande aan 144 weggooibare doekies oor ‘n tydperk van 48 maande. Al die skenkings is ook belastingaftrekbaar. Dignity Dreams sal ook ‘n Artikel 18A-sertifikaat uitreik vir al jou skenkings en borgskappe.
“Die maklikste manier om ons te ondersteun sonder om jou hand in jou eie sak te steek, is om Dignity Dreams as ‘n begunstigde te koppel aan die My School-kaart wat by Woolworths beskikbaar is,” noem Lubbe.
Vir meer inligting en om deel te word van die spinathon, kontak Samantha Schoonhoven by 076 458 1064.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button