Local newsNewsNews

Dr. Ali Bacher deel 80 jaar se lewenskennis met Potchefstromers

Hierdie gaslesing was deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aangebied, deur die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie gereël en mensig, dit was interessant.

Hy is dalk klein van statuur, maar almal en nog meer weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat steeds op 80-jarige ouderdom wêreldwyd aansien geniet, het vandeesweek op Maandag, 15 Augustus die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.

Hierdie gaslesing was deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aangebied, deur die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie gereël en mensig, dit was interessant.

Waar om te begin?

Dié voormalige nasionale krieketkaptein het onderstreep dat passie en toewyding voor finansiële vergoeding moet kom en gemaan dat mens nooit moet jok nie, want jy sal altyd uitgevang word. Hy het sy berou uitgespreek dat hy nie altyd mense genoeg in die werksomgewing opgehef het nie, dat mense aangemoedig moet word en dat leiers ʼn voorbeeld moet stel deur hulle nie hoër as hul werknemers moet ag nie. Hy het gespot hoe sy kleinkinders sê hy spruit uit die agtiende-eeu weens sy tegnologiese onvermoë. Nelson Mandela was genoem. Meer as genoem. Hulle het ʼn noue band gehad. Etes by die Uniegeboue, einste kleinkinders wat hom so terg het op Madiba se skoot gesit. Hoe hy vir Cyril Ramaphosa vir advies gevra het met die reël van die 2003 Krieketwêreldbeker op tuisbodem.

Dr. Ali Bacher in die nuutgeboude NWU HPI saam met die NWU direkteur van sport, Sheldon Rostron.

Maar, julle wil nie dit hoor nie, nè? Julle wil oor krieket hoor.

Nou, naas die Australiese meesterkolwer, Don Bradman, sal Jacques Kallis die eerste naam op sy ideale krieketspanlys wees. Steve Waugh het self vir hom gesê Suid-Afrikaners het onderskat hoe goed Kallis was. Die Wes-Indiese veelsydige ster, Sir Garfield Sobers, was, volgens Bacher, omtrent net so goed. Hy het vertel hoe hy op die eerste Suid-Afrikaanse vliegtuig was wat Indië sedert 1948 besoek het. Dit was Suid-Afrika se eerste kriekettoer sedert hertoelating en dit is ook waar hy ʼn 18-jarige Sachin Tendulkar ontmoet het. Hulle is steeds vriende. Hy het met bewondering vertel hoe Tendulkar die druk van 1.3 biljoen Indiese ondersteuners verwerk het. As hy nou vir Tendulkar ʼn boodskap stuur is dit nie 30 minute of hy kry ʼn antwoord terug.

Hy is spyt oor Bradman, vertel hy. As speler het hy vir hom ʼn brief geskryf en Die Don het vir hom terug geskry. Agt bladsye lank! Wat doen Bacher? Hy gooi die brief weg. Daaroor, sê hy, is hy dêm spyt. Gelukkig het hy Bradman tydens die 1992 Wêreldbeker in Australië ontmoet. Vir ʼn uur-en-ʼn-half het Bradman met hom oor Suid-Afrika gepraat. Blykbaar het die Aussie meer oor die Republiek geweet as die boorling van Roodepoort.

Bradman het ʼn toetsgemiddeld van 99.94 gehad. Dit is ongehoord. Dit is absurd. Graeme Pollock is tweede met 60.97. Bacher sê hy was ʼn natuurfrats. Ons sal nooit weer sy gelyke sien nie. Tog meen hy statistieke maak nie rêrig saak nie. Nee, die ouens wat die spel ken, die ouens wat rêrig die spel ken, weet of ʼn speler goed is of nie. Mens kan dit sien, maak nie saak wat ʼn stuk papier sê nie.

Hy sal weet weet. Min sal beter as hy weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button