Local newsNewsNews

PAWS Fun Day gaan diere laat glimlag

Die hart van die PAWS Fun Day is om fondse vir PAWS in te samel om honderde diere in nood te help

Die opgewondenheid groei by Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) oor die Fun Day wat in Desember talle diere se harte gaan bly maak.

Die PAWS Fun Day liefdadigheidsprojek is in 2019 deur Mia Coertzen (13) begin en gaan op 3 Desember in die tweede weergawe nog groter en beter as ooit tevore wees.

Mia Coertzen, die stigter van die Paws Fun Day wat vir 3 Desember 2022 beplan word. Hier is sy saam met een van Paws se dierbare jong hondjies.

Die hart van die PAWS Fun Day is om fondse vir PAWS in te samel om honderde diere in nood te help. Daar is daagliks diere by PAWS wat liefde, aandag en sorg nodig het. Vir dit om te gebeur, is finansiële hulp nodig.

Dit is waar die PAWS Fun Day met vermaak vir jonk en oud, stalletjies, ‘n Mnr. en Mej. Paws-kompetisie, sowel as talle pryse ‘n groot verskil wil maak.

Chantelle-Lee Huxham (PAWS), Theo Koekemoer (PAWS bestuurder), Mia Coertzen (stigter van die PAWS Fun Day) en Claudia Barnard (organiseerder van die PAWS Fun Day) is almal opgewonde om diere se harte met hierdie fondsinsamelingsprojek bly te maak. Foto: Wouter Pienaar

Volgens die organiseerder, Claudia Barnard, is die PAWS Fun Day die perfekte geleentheid om ‘n glimlag op die diere se gesigte te sit.

“Die hart van die Fun Day is om PAWS te help omdat hulle so baie vir die gemeenskap beteken. Dit gaan alles oor die diere,” noem sy.

Barnard noem dat daar vir die jongspan ‘n springkasteel en gesigverf sal wees. Spasies vir algemene stalletjies kos R100, terwyl kosstalletjies R200 sal kos.

Vir meer inligting kan Claudia per e-pos by hvaclaudia@gmail.com of telefonies by 072 707 4565 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button