Local newsNewsNews

Vrou skuldig aan bedrog

‘n Voormalige verkoopklerk is Donderdag, 11 Augustus in die landdroshof in Potchefstroom op 197 klagtes van bedrog skuldig bevind.

‘n Voormalige verkoopklerk is Donderdag, 11 Augustus in die landdroshof in Potchefstroom op 197 klagtes van bedrog skuldig bevind.

Mev. Elaine van Niekerk is op 7 Augustus 2018 in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat sy vermoedelik bedrog in haar posisie as hoof verkoopklerk by Berts Bricks gepleeg het.

Sy is na haar eerste hofverskyning op borgtog vrygelaat. ‘n Personeellid by Berts Bricks het op 30 Julie 2018 agtergekom dat daar verskeie onreëlmatighede was oor kwitansienommers wat nie ooreenstem nie.

Van Niekerk, wat vanaf 2005 – 2018 vir Berts Bricks gewerk het, het op 80 klagtes skuldig gepleit. Sy het op die ander 117 klagtes onskuldig gepleit.

Die landdros het na die verhoor vir Van Niekerk op al die klagtes skuldig bevind.
Hierdie klagtes strek van 2014 tot 2018.

Vonnisoplegging sou Dinsdag, 6 September in die landdroshof in Potchefstroom plaasgevind het, maar dit is tot 19 Oktober uitgestel vir ‘n verslag van korrektiewe dienste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button